Video: Terroris dros tydens ‘tronkvakansie’ – dreig weer

christodoulos xiros

Christodoulos Xiros

‘n Veroordeelde Griekse terroris wat nie na ‘n “tronkvakansie” na die gevangenis teruggekeer het nie, dreig nou om sy terreur te hervat.

Christodoulos Xiros (55) is in 2003 saam met sy twee broers lewenslank tronk toe gestuur weens hul rol in die bedrywighede van die terreurgroep, 17 November. Dié groep het sedert die 1970s ‘n terreurstryd gevoer waartydens 23 mense omgekom het. Veral buitelandse diplomate, Griekse politici en sakelui is geteiken. Die polisie het die organisasie in 2002 opgeruim gekry.

Xiros is op Nuwejaarsdag ‘n week lank “tronkverlof” toegestaan weens goeie gedrag, maar hy het gedros. In ‘n video op die internet beloof hy om die terreur te hervat, en beskuldig Duitsland daarvan dat dit Europa gekoloniseer het. Hy beskuldig die Griekse regering van verraad, en striem ook die ekstremistiese regse party, die Goue Daeraad. Foto’s van Ché Guevarra en Griekse vryheidsvegters uit die 19de eeu is ook op die video te sien.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Eben ·

Kan julle julself net indink as onse mense in die tronk moet ‘verlof’ kry vir goeie gedrag. Hulle sal moor en verkrag en terug kom tronk toe dan soek die polisie vergeefs na die beskuldiges en die sit in die tronk na ‘verlof’ …. :-)

Die vraag is, sal hulle terug kom?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.