Die video volg onderaan die berig.
‘n 19-jarige Amerikaanse vrou wat daarvan aangekla word dat sy en haar man ‘n 42-jarige persoon vermoor het, het in ‘n mediaonderhoud beweer sy het veel meer moorde gepleeg.
Miranda en Elytte Barbour (22) word daarvan aangekla dat hulle Troy LaFerrara om die lewe gebring het. Miranda het LaFerrara glo deur ‘n webwerf ontmoet nadat sy ʼn advertensie geplaas het vir seks teen $100.
In ‘n onderhoud vanuit die tronk in Pennsilvanië het sy aan die media vertel dat sy reeds jare lank mense in verskillende deelstate van die VSA vermoor het, en dat sy ná 22 slagoffers opgehou tel het. Sy beweer sy is op vierjarige ouderdom die eerste keer seksueel misbruik, en het later by ‘n sataniese sekte aangesluit. Sy beweer die moorde is as deel van sataniese praktyke gepleeg. Sy maak daarop aanspraak dat sy slegs “slegte mense” doodgemaak het, en geen berou het nie.
Sy en haar man staar beide die doodstraf in die gesig.
Bronne: New York Daily News, De Standaard