Om toebroodjies vir jou kinders in te pak skool toe, is ʼn karweitjie wat elke ma regoor die wêreld ken.
In Japan is dit egter nie net die smaak en gesondheid van die ete wat belangrik is nie, hoe die middagete lyk speel ook ʼn groot rol. Die land se eeueoue fokus op kosvoorbereiding het nou in ʼn mode verander om die middagete in ʼn kosblikkie te laat lyk soos ʼn panda, teddiebeer of selfs ʼn regte mens! Roland Buerk, korrespondent vir BBC in Tokyo het dié video saamgestel.