Video: Toeriste vasgeys by Antarktika

Argieffoto van die Akademic Shokalskiy Foto: globetrotting.ch

Argieffoto van die Akademic Shokalskiy Foto: globetrotting.ch

Sowat 70 mense, waarvan 50 toeriste en wetenskaplikes is, moet noodgedwonge Kersfees vasgekeer op ‘n skip by Antarktika deurbring.

Die skip, die MV Akademic Shokalskiy, het op Kersdag ‘n noodsein uitgestuur dat dit tussen twee ysplate vasgevang is. Drie skepe is onderweg om hulp te verleen, maar dit sal ‘n ysbreker minstens twee dae neem om die hulpelose skip te bereik.

Die skip het van Nieu-Seeland na Antarktika gevaar, en sowat 1 500 seemyl suid van Hobart, Tasmanië vasgeval. Die bemanning en passasiers verkeer aldus ANP in geen gevaar nie.

Prof. Chris Turney, leier van die Australasian Antarctic Expedition (AAE), het op Twitter laat blyk dat hulle nie te besorg is oor die feit dat hulle vasgeval is nie. “Baie ys. Pragtig; ligte wind. Slegs -1 grade Celsius. Geseënde Kersfees almal. Van AAE”. Volgens Turney sal hulle vir ongeveer 30 uur lank vasgekeer wees voordat hulp opdaag.

Hiermee ‘n video wat Turney op Twitter gelaai het:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.