Charl Crous, waarnemende uitvoerende hoof van die OPRU, sê die unie keur nie die tipe gedrag goed nie en het ʼn beroep gedoen op toeskouers om hulself te gedra wanneer hulle ʼn rugbywedstryd bywoon. Die geveg tussen toeskouers het Saterdag uitgebreek terwyl die wedstryd reeds aan die gang was by die Nelson Mandelabaai-stadion in Port Elizabeth. In die video kan daar gesien word hoe verskeie toeskouers mekaar te lyf gaan nadat daar glo ʼn woordewisseling uitgebreek het oor sitplekke. Terwyl die geveg aan die gang is, is daar geen teken van ʼn veiligheidswag nie. Minstens 43 mense is wel later gevra om die stadion te verlaat weens onbehoorlike gedrag. Crous sê intussen dat hulle nou saamwerk met die bestuur van die stadion om die kwessie van veiligheid aan te spreek.
Die video is deur die gebruiker Ryan-Lee Sharp op Youtube gelaai: