Video: Toeskouers takel mekaar by rugbystryd

Foto: Youtube

Die Oostelike Provinsie-rugbyunie ­(OPRU) sê hy is bewus van die video wat tans op sosiale media die ronde doen van ʼn geveg wat Saterdag tussen toeskouers uitgebreek het tydens die wedstryd tussen die Kings en die Sharks.

Charl Crous, waarnemende uitvoerende hoof van die OPRU, sê die unie keur nie die tipe gedrag goed nie en het ʼn beroep gedoen op toeskouers om hulself te gedra wanneer hulle ʼn rugbywedstryd bywoon. Die geveg tussen toeskouers het Saterdag uitgebreek terwyl die wedstryd reeds aan die gang was by die Nelson Mandelabaai-stadion in Port Elizabeth. In die video kan daar gesien word hoe verskeie toeskouers mekaar te lyf gaan nadat daar glo ʼn woordewisseling uitgebreek het oor sitplekke. Terwyl die geveg aan die gang is, is daar geen teken van ʼn veiligheidswag nie. Minstens 43 mense is wel later gevra om die stadion te verlaat weens onbehoorlike gedrag. Crous sê intussen dat hulle nou saamwerk met die bestuur van die stadion om die kwessie van veiligheid aan te spreek.

Die video is deur die gebruiker Ryan-Lee Sharp op Youtube gelaai:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.