Video: Tornado-oorlewende vind haar hond tydens TV-onderhoud

ʼn Bejaarde vrou, wie se huis heeltemal verwoes is deur die Oklahoma-tornado in Amerika, het tydens ‘n televisie-onderhoud haar vermiste troeteldier in die puin van haar huis gevind.

ʼn Verslaggewer van CBS het Dinsdag ʼn onderhoud met Barbara Garcia gevoer nadat die tornado die voorstad Moore heeltemal verwoes het. Sy sê sy het saam met haar hond op haar stoel gesit toe die tornado die area getref het. Sy sê sy het ná die tornado uit die puin gekruip en na haar hond geroep, maar kon hom nie kry nie.

Terwyl sy besig was met die onderhoud het ʼn lid van die kameraspan die hond se kop sien uitsteek tussen die puin, en ʼn emosionele Garcia is met haar viervoetige vriend herenig.

Intussen gaan opruimingswerk in die gebied onverpoosd voort. Honderde oorlewendes is reeds uit die puin gered. Owerhede het die amptelike dodetal verlaag en sê 24 mense, onder wie nege kinders, is dood verklaar. Dit is nie 91 soos vroeër gevrees is nie. Klik hier om foto’s van die verwoesting te sien.

http://youtu.be/OdHagKeo86k

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.