Tornado tref Duduza buite Nigel

Die foto is deur @kristenvanschie op Twitter geplaas.

Inwoners van Duduza aan die Gautengse Oos-Rand het begin om die stukke op te tel na Sondag se tornado in die gebied.

‘n Agtjarige seun is dood en talle mense beseer terwyl nagenoeg 150 huise beskadig is. Die Ekurhuleni munisipaliteit het intussen ‘n beroep gedoen op die publiek vir skenkings in die vorm van kos, klere en komberse om die slagoffers te help. In die Vrystaat het owerhede ook ‘n beroep gedoen om hulp na ‘n tornado die Meqheleng informele nedersetting Sondagmiddag getref het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.