Video: Toulouse-skieter sterf in skietgeveg

Die foto van Mohamed Merah is deur ʼn Franse televisiekanaal beskikbaar gestel.

Die Islamitiese terroris, Mohammed Merah, is Donderdag in ʼn dramatiese skietgeveg deur die Franse polisie-spesmagte doodgeskiet.

Merah (24) word verdink van die moord op sewe mense, waaronder drie soldate, drie Joodse skoolkinders en ʼn Rabbi. Die Rabbi, sy twee kinders en nog ʼn skoolkind is Maandag by ‘n skool in Frankryk doodgeskiet. Die drie soldate is tydens ʼn ander geleentheid koelbloedig afgemaai. Merah is gister deur die Franse-polisiespesmagte in sy woonstel vasgekeer. ʼn Hewige skietgeveg het tussen Merah en die polisie uitgebreek. Volgens berigte is tot 300 skote afgevuur. Merah het glo in die badkamer weggekruip. Hy het glo al skietend deur die badkamervenster na ʼn balkon op die eerste verdieping probeer vlug. Hy is kort daarna op die grond voor die venster aangetref. Volgens berigte het Merah al drie aanvalle afgeneem en die beeldmateriaal op die internet geplaas.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.