Video: Transnet-pensioenarisse sukkel om te oorleef

Argieffoto

Argieffoto

Pensioenarisse wat van Transnet se pensioenfonds afhanklik is, sê hulle sukkel om te oorleef.

Die Vryheidsfront Plus het Transnet vroeg verlede jaar hieroor in die hof gepak maar ‘n jaar later kry die pensioenarisse steeds ‘n jaarlikse verhoging van net 2%.

Die insetsel is deur eNuus vervaardig. Kyk eNuus elke aand om 19:00 op kanaal 144 en 145 op DStv.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

F J van Wyk ·

Dit is n skande hoe geld gemors word deur party instansies en ons mense moet sukkel met die bietjie geldjies wat ons mee moet leef. Die mense wat so geld steel en aangaan het nie n gewete wat hul aan ons sukkelbestaan doen doen nie. Dankie aan die Vryheidsfront Plus vir wat jul vir ons doen. Dit word opreg waardeer.

Corlaine ·

My Moedertjie kry ook by Transnet n pensioentjie en ek glo as hul n groter verhoging kan kry hul dalk n beter lewe sal kan lewe! Maar ook wil ek se dat my Mammie nooit kla nie en sy loof ons Hemelse Vader elke dag want sy glo nog al die jare dat dinge gebeur met n doel. Ek lig my hoed vir my Mamma, sy is my rolmodel nog al die jare en sal dit verewig bly.

Eugenie ·

Baie mooi boodskappie wat jy hier uitdra.

My hart gaan regtig uit na hierdie pensioenarisse.

Slim Daan ·

My empatie met als wat jy se. Wat die ” doel ” agter als kan wees om te sit en verhonger val egter vreemd op.
Wat egter ” dik ” afgaan is n nerf wat hom n 66% verhoging by die SAUK toeeien, en dit nadat hy met vals kwalifikasies die joppie vir homself losgelieg het.

Babs ·

Baie dankie aan Vryheidsfront Plus dat hulle opstaan vir die Transnet Pensioenarisse. Ons onthou dit.

Annette Erasmus ·

Wat die saak verder vererger het Transnet alle pensioenarisse se mediese fonds verlaag na hulle laagste model wat beteken die arme mense moet van staatshospitale gebruik maak. Ek het my ma op n ander mediese fonds gesit want Transnet het dit deur n omsendbrief net meer as n jaar terug aangekondig en ek glo nie ons pensioenarisse is almal hiervan bewus nie! Ons het ditveers besef toe my ma moes hospitaal toe gaan!

F J van Wyk ·

Dit is n skande hoe die mense geld oral steel en daar word oral gestaak vir verhogings. Ons moet maar net klaarkom met die bietjie wat ons elke maand kry. Dankie aan Vryheidsfront Plus vir dit wat jul vir ons doen. Dit word baie waardeer. Baie dankie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.