Video: Treffers van toeka tot nou in vier minute

Die video volg onderaan die berig.

Pentatonix, ʼn a capella -groep, maak opslae op YouTube met ʼn verskeidenheid van liedjies, wat strek van die 11de eeu tot 2013, wat hulle binne vier minute sing.

Sedert die groep hul video op 15 April op YouTube gelaai het, is dit al bykans 6 miljoen keer gekyk.

Die groep skryf hulle het besluit om ʼn samestelling van hul gunsteling treffers deur die jare heen te maak.

Hulle begin in die 11de eeu met Salve Regina, gevolg met ʼn treffer in die 1600’s, Canon in D van Pachelbel. Hulle neem ʼn mens ook op ʼn nostalgiese toer van die 1940’s tot 1980’s met treffers van die Andrew Sisters, Beach Boys, Beatles en Michael Jackson. Hulle eindig in die hede met treffers van onder andere Justin Bieber, Rihanna, Fun en Psy.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.