Video: Treinwag rand glo passasier aan

Die video volg onderaan die berig

ʼn Metrorail-veiligheidsbeampte is op film vasgevang waar hy ʼn passasier in Kaapstad aanrand wat sonder ʼn kaartjie op ʼn trein wou klim.

Die Cape Argus het Dinsdag berig dat die video by die Kraaifontein-stasie geneem is. Dit wys hoe die beampte die passasier verskeie kere slaan, voor hy uiteindelik deur kollegas gestop word.

Die passasier se hemp en hoed word afgeruk terwyl hy deur die beampte, wat glo “Solly” genoem word, hardhandig behandel word. Shelvine Erasmus, ʼn passasier, het die voorval met ʼn iPad afgeneem toe hy die oproering gehoor het. Erasmus sê egter die ergste gedeelte van die aanranding het plaasgevind nog voor hy sy iPad kon uithaal.

“Die ander Metrorail-beamptes het net rondgestaan en niks gedoen nie totdat hulle gesien het ek neem die voorval af,” het Erasmus gesê.

Mthuthuzeli Swartz, die bestuurder van Metrorail in die Kaap, het die voorval streng veroordeel en het ʼn ondersoek van stapel gestuur. Hy het ook die slagoffer versoek om die saak by die polisie aan te meld en ooggetuies versoek om met Metrorail in verbinding te tree.

Erasmus het die video op YouTube gelaai.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Janet ·

Kry die idee dat van die manne wat uniform dra dink hulle is bo die wet verhewe en glo hulle kan dinge met brute krag regstel – gelukkig is dit net 10% van ons uniformmanne wat so dink. Komaan julle ander 90% uniformmanne in wie ek nog glo – sorter gou hierdie 10% ouens uit. Verwyder hulle uit die stelsel en kry die vertroue van Jan Publiek terug.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.