Video: ‘Trekkers’ volg in Piet Retief se voetspore

Die video volg onderaan die berig

Die video volg onderaan die berig

175 jaar na die geskiedkundige Groot Trek wil ‘n groep hedendaagse Voortrekkers nou dieselfde roete as die trekleier Piet Retief van die Oos-Kaap tot in KwaZulu-Natal volg. Die groep gaan die tog in viertrekvoertuie aanpak.

Die organiseerders wil met die reis veral die jongmense bewus maak van hulle erfenis. Die oorspronklike tog het drie jaar lank geduur, maar die groep gaan poog om dit binne twee weke klaar te kry.

Die insetsel is deur eNuus vervaardig. Kyk eNuus elke aand om 19:00 op kanaal 144 en 145 op DStv.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

H J Bester ·

Wat ‘n verfrissende en opwindende onderneming deur die Voortrekkers om die gebeure van 175 jaar gelede op ‘n byderwetse wyse te gedenk. Hoop van harte dat die media, hetsy die TV of pers, ons mettergaan ‘n blik gaan gee op die roete en reis wat onderneem is.

Ans ·

Daar gaan Perde ruiters van verskillende streke ook roetes ry. sommiges van Pretoria af, ander van Wasbank af. Dit is n belewenis!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.