Video: Trok bots teen huis

Foto: ER24

Twee mans het verskeie beserings opgedoen nadat die swaarvoertuig waarin hulle gery het deur ʼn besigheid se parkeerarea gebars en teen ʼn huis in Weltevredenpark, Roodepoort in Gauteng, gebots het.

Werner Vermaak, ʼn woordvoerder van ER24, sê die voorval het Woensdag omstreeks 10:00 naby die kruising van Springhaas- en JG Strijdomstraat plaasgevind.

“Dit is nog nie bekend wat die ongeluk veroorsaak het nie, maar volgens ooggetuies het die swaarvoertuig teen ʼn afdraande op Golf Club Terrace afgery, voor dit die pad verlaat het,” het Vermaak gesê. Die swaarvoertuig het ʼn vrag bakstene vervoer.

“Die bestuurder en passasier was in die voorkant van die swaarvoertuig vasgekeer. Die brandweer moes hulle uit die wrak sny. Dit het omtrent ʼn uur geneem om die mans uit die kajuit te bevry. Hulle is op die toneel gestabiliseer en na ʼn nabygeleë hospitaal geneem,” het Vermaak bygevoeg.

Niemand anders is in die voorval beseer nie.

Hier volg ʼn video wat paramedici op die toneel geneem het.

http://youtu.be/Rh3OinUcJQk

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.