Video: Trop skape beland per ongeluk in sportwinkel

‘n Trop skape het per ongeluk die verkeerde afdraai gevat en in ‘n sportwinkel in Oostenryk beland.

Een skaap het glo sy weerkaatsing in die glasskuifdeur van die Intersport-winkel in Sankt Anton am Arlberg gesien en die winkel betree. Die trop het hom gevolg. Twee skaapherders kon die trop weer uit die winkel kry, maar nie voordat hulle geweldige skade en ‘n gemors tussen die fietse, skoene, ski’s en ander sporttoerusting veroorsaak het nie.

“Hulle het van die sonbrille gebreek en in die winkel gemors. Ons moes hard werk om alles weer netjies te kry,” het Michael Ess (42), bestuurder van die winkel, aan die Oesterreich-dagblad gesê. “Ek het nog nooit so iets gesien nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.