Video: Twee dood ná lugskou-toertjie skeefloop

‘n Video van die voorval volg onderaand die berig. Vlieënier Charlie Schwenker en veteraan waaghals Jane Wicker van Virginia, Amerika, is Saterdag dood ná ʼn ongeluk by ʼn lugskou in Ohio.

Schwenker en Wicker is dood toe hul vliegtuig voor duisende toeskouers by die Vectren-lugskou in Ohio neergestort het, berig KBTX.com. Die vliegtuig het dadelik aan die brand geslaan. Niemand anders is in die voorval beseer nie.

Die vliegtuig het skielik getol voordat hy neergestort en aan die brand geslaan het. Wicker, wat vir die eerste keer by die Dayton-skou opgetree het, was buite bo-op die 450 HP Stearmans-vliegtuig se vlerk.

“Wicker se eggenoot het die besluit om Sondag met die lugskou voort te gaan, ondersteun,” het Brenda Kerfoot, algemene bestuurder van die lugskou, gesê. “Hy het gesê dit is wat Jane en Charlie sou wou hê.”

Wicker (44) laat haar man en twee seuns agter. Schwenker (64) laat sy vrou agter.

Die oorsaak van die ongeluk is nog nie duidelik nie en sal deur die nasionale vervoerveiligheidsraad ondersoek word.

Die lugskou lok gewoonlik sowat 70 000 toeskouers en het ʼn impak $3.2 miljoen (R30.2 miljoen) op die ekonomie.

http://youtu.be/651hEVofpzA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.