Video: Twee helde red vrou van verkragting, ontvoering

ontvoering 2‘n Video volg onderaan die berig. Aaron Arias (19) en Jamal Harris van Texas in Amerika word nou as helde vereer nadat hulle ‘n jong slagoffer van ‘n ontvoering naby Dallas gered het.

Arias en Harris het op 23 Augustus in Seagoville, Texas by ‘n rooi verkeerslig stilgehou toe hulle ‘n aantreklike jong vrou op die agterste sitplek in die motor langs hulle s’n opgemerk het, berig ktbs.com. Die vrou het glo paniekerig voorgekom en sy het die woorde “Help my” met haar mond gevorm.

Arias het dadelik die noodnommer 911 geskakel en aan die operateur die situasie verduidelik.

Die twee brawe jong mans het die motor vir ongeveer 30 minute lank agtervolg voordat die polisie by hulle aangesluit, en die verdagte motor afgetrek het.

Die 25-jarige vrou was teen haar sin met ‘n vuurwapen aangehou. Hulle het haar glo reeds met die vuurwapen geslaan en haar ook met die vuurwapen in die motor in gedwing.

Die polisie vermoed dat die mans die vrou moontlik van verkragting en moord gered het.

‘n Man, Charles Atkins Lewis Jr. is in verband met die voorval in hegtenis geneem.

Die vrou is deur paramedici ondersoek. Nadat hulle vasgestel het dat sy nie enige beserings opgedoen is nie, is sy ontslaan.

Waarskuwing: Arias laster in die video. 
KTBS.com – Shreveport, LA News, Weather and Sports

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

13 Kommentare

jongste oudste gewildste
Trippie

Wys net weereens as mens oplettend is !

Jasper

Die 2 pêrre sal moet kom help hier in S.A. Oom Seg Net sal help met die vliegkoste

Trudé Nell

Welgedaan! Die wêreld het meer MANS nodig! Daar’s heeltemal te veel MUISE wat lewens verwoes.

vuurvreter

Trudie jy slaan die spyker op sy kop. Party van ons mans is te bang om net sy bek oop te maak.

HELENA SEABORNE

maak mens se hart so bly as mens van sulke optrede hoor. hulle is helde.