Video: Twee helde red vrou van verkragting, ontvoering

ontvoering 2‘n Video volg onderaan die berig. Aaron Arias (19) en Jamal Harris van Texas in Amerika word nou as helde vereer nadat hulle ‘n jong slagoffer van ‘n ontvoering naby Dallas gered het.

Arias en Harris het op 23 Augustus in Seagoville, Texas by ‘n rooi verkeerslig stilgehou toe hulle ‘n aantreklike jong vrou op die agterste sitplek in die motor langs hulle s’n opgemerk het, berig ktbs.com. Die vrou het glo paniekerig voorgekom en sy het die woorde “Help my” met haar mond gevorm.

Arias het dadelik die noodnommer 911 geskakel en aan die operateur die situasie verduidelik.

Die twee brawe jong mans het die motor vir ongeveer 30 minute lank agtervolg voordat die polisie by hulle aangesluit, en die verdagte motor afgetrek het.

Die 25-jarige vrou was teen haar sin met ‘n vuurwapen aangehou. Hulle het haar glo reeds met die vuurwapen geslaan en haar ook met die vuurwapen in die motor in gedwing.

Die polisie vermoed dat die mans die vrou moontlik van verkragting en moord gered het.

‘n Man, Charles Atkins Lewis Jr. is in verband met die voorval in hegtenis geneem.

Die vrou is deur paramedici ondersoek. Nadat hulle vasgestel het dat sy nie enige beserings opgedoen is nie, is sy ontslaan.

Waarskuwing: Arias laster in die video. 
KTBS.com – Shreveport, LA News, Weather and Sports

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Jasper ·

Die 2 pêrre sal moet kom help hier in S.A. Oom Seg Net sal help met die vliegkoste

Trippie ·

Jasper, ek kan my nie in dink hoe die vroumens moes voel nie … hier by ons word die mense agter in die kattebak gegooi alvorens hulle verkrag word (die swartes SLEEP hul eie nasie mos altyd bosse toe) en dis vir my ‘n angswekkende gedagte. Het met ‘n vriend van my gebeur. Mens sal nou dink omdat dit ‘n man is, mag die trauma rondom dit gouer “genees”, maar nee, dit bly mens ‘n leeftyd by – man of vrou.

Jasper ·

Die wegsleep het ek met my eie oë een nag aanskou toe ek gaan ondersoek instel het na n geskree by my werkers se kampong. Op Ta afgekom waar hy sy buurman(wat poepdronk lê) se vrou aan haar voet na sy kamer toe sleep deur die gras.

Seg Net ·

Nee my ou maat, ek kan nie eers ‘n enkel kaartjie bekostig nie. Sal vir hulle darem ‘n stukkie vleis kan braai, maar dit is dit.
Ek kan jou een ding seg, as daardie boy hier kom, gee ek hom ‘n maand of twee en hy doen wat hulle hier doen en julle weet wat dit is.

Trippie ·

Ek sal ‘n lening by die bank aangaan, genoeg om Malema en die hele ANC gespuis met ‘n enkelkaartjie maan toe te vlieg !

Jasper ·

Was net n grap .Stem saam, netnou demand hulle McDonalds Burgers

Seg Net ·

Jassie ek het dit so gelees my maat, ons moet humor hier inbring , die mense is te styf.

Andries ·

Oom Seg het nie ‘n sent om sy wol mee te krap nie Jasper.Scrap metal pryse is af.
Mense is te styf. Dis natuurlik by ons maar jy kort Salusa 45 grafsteen.

HELENA SEABORNE ·

maak mens se hart so bly as mens van sulke optrede hoor. hulle is helde.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.