Video: Twee mans in aanhouding oor beskadigde Zuma-skildery

Iman Rappetti, eNewsChannel se programleier, het dié foto geneem

Twee mans is in hegtenis geneem nadat hulle glo die omstrede skildery van president Jacob Zuma by die Goodman-gallery in Parkwood, Johannesburg, geskend het.

Die twee mans, onderskeidelik 25 en 58 jaar oud, het glo ‘n kruis met rooi verf oor die skildery geverf en toe die hele skildery met swart verf besmeer, het kolonel Vishnu Naidoo, woordvoerder van die polisie gesê. Beide mans is tans in aanhouding by die polisie en sal moontlik van kwaadwillige eiendomsbeskadiging aangekla word. Hulle sal na verwagting Donderdag in die landdroshof in Hillbrow verskyn.

Onderstaande video is deur die gebruiker 2oceansvibe op YouTube gelaai (Waarskuwing: krutaal):

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.