Video: Unieke klankopname van Otto von Bismarck se stem

Otto von Bismarck (1815 – 1898), die Duitse staatsman wat verskeie Duitse state onder een Duitse Ryk verenig het, se stem kan nou vir die eerste maal gehoor word. Die klankopnames wat dateer uit 1889 is gister aan die publiek bekend gestel, berig die NRC Handelsblad.

Om te luister wat Bismarck te sê gehad het, is egter nie so maklik nie, want dit is nie ʼn baie duidelike opname nie. Mens moet egter in ag neem dat die klankopname sowat 122 jaar oud is! Bismarck haal aan uit gedigte en liedjies en bedien selfs sy seun met advies. Die merkwaardigste is egter dat hy die eerste reëls van die Franse volkslied opsê.

Die opname is deur ʼn kollega van Thomas Edison op ʼn grammofoon-platespeler gemaak. Die silinder wat die klankopname bevat was een van 17 silinders wat in 1957 in ʼn laboratorium van Edison in New Jersey, Amerika, opgespoor is. Die res van die silinders bevat musiekstukke van Duitse, Poolse en Hongaarse musici.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.