Video: Vakbond sê basta vir belasting vir veiligheid

Die vakbond Solidariteit meen verbruikers moet vergoed word vir die duisende rand wat hulle jaarliks aan hulle veiligheid bestee.

Dirk Hermann, die adjunk uitvoerende hoof van Solidariteit, het Woensdag gesê dat die staat volgens die vakbond ver te kort skiet wat betref die vervulling van sy rol om wet en orde te handhaaf, en dat Suid-Afrikaners self verantwoordelikheid aanvaar om die land ’n veiliger plek te maak.
Syfers wat die vakbond bekend gemaak het, wys ook hoeveel geld gemaak word uit die publiek se vrees vir die misdaadprobleme in die land.

Dié insetsel is deur eNuus vervaardig. Kyk eNuus op kykNET, Dstv-kanaal 144 elke aand om 19:00.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.