Video van Madiba erg gekritiseer

Foto: Twitter

President Jacob Zuma het Maandag gesê oudpresident Nelson Mandela is gesond en in ʼn goeie bui ondanks beeldmateriaal van Mandela wat uitdrukkingloos voor hom uitstaar.

Dit is reeds meer as drie weke sedert Mandela uit die hospitaal ontslaan is nadat hy die derde keer in vyf maande opgeneem is vir ʼn longkwaal. “Ons het hom gesien, hy lyk baie goed, hy is in ʼn goeie toestand,” het Zuma aan die SABC gesê. Die beeldmateriaal wat deur die SABC uitgesaai is wys egter hoe Mandela in ʼn rusbank sit met ʼn kussing wat sy kop regop hou, sy bene en voete wat toegegooi is en Mandela wat uitdrukkingloos voor hom uitstaar. Zuma lag en maak grappies met ANC-amptenare en van Mandela se familielede. “Glimlag, glimlag,” word Mandela aangemoedig terwyl een van sy kleinseuns ʼn selfoon gryp om ʼn foto te neem. Mandela probeer glimlag, maar wanneer die flits van die kamera afgaan maak hy sy oë toe en pers sy lippe op mekaar. Dit is bekend dat Mandela nie van die flits van ʼn kamera hou nie, aangesien sy oë baie sensitief is weens die jare wat hy in ’n kalksteenmyn op Robbeneiland gewerk het.

Op Twitter het mense intussen uitgevaar teen die beeldmateriaal van Mandela. “Hulle moet ophou sê dit gaan goed met Mandela. Kyk na hom,” het een Twitter-gebruiker gesê. “Mandela is nie in ʼn goeie toestand nie, die regering lieg vir ons in ons gesigte,” skryf nog een. “Mandela kan nie eers sy kop draai nie maar Zuma sê hy is in ʼn goeie toestand.” Nog iemand sê: “Na alles wat die man vir ons gedoen het en dit is hoe ons hom behandel. Soos ʼn dier in die dieretuin. Skaam ons.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Henry ·

Ek het die video gesien en kan nie glo dat sy familie dit toegelaat het nie, hy is duidelik baie swak, dis asof hy as een of ander sirkus freak rondgeparade word, maak nie saak wie hy is nie, een ding wat hy wel is is ‘n swak ou man wat nie verdien word om in sulke swak smaak gebruik te word nie.

marietjie ·

Ek was ook erg geskok ek en my man het mekaar so gekyk en gesê hoe kan hle sê hy is oky as dit so duidelik is dat hy ni is ni shame mens kan sien hu erg agter uit hy gegaan het! Hle kan mos ni wil lieg as di bewyse da is ni my hell weti hu dink hle ni!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.