Video: Veelrassige advertensie het kykers warm onder die kraag

Die advertensie volg onderaan die berig. ‘n Cheerios-ontbytgraanadvertensie met ‘n veelrassige gesin het soveel rassistiese kommentaar uitgelok dat die kommentaargedeelte op sy YouTube-kanaal gesluit moes word.

Van die meer as 630 000 mense wat die advertensie op YouTube gekyk het, het meer as 9 000 mense aangedui dat hulle van die advertensie hou, maar 900 kykers het die “dislike”-knoppie gedruk.

Die kommentaargedeelte was glo, voordat dit gesluit is, vol verwysings na Nazis en volksmoord, berig Adweek.

YouTube-kommentaar lok gereeld rassistiese woordewisseling uit.

Kykers het op die ontbytgraan se Facebook-blad ook aangedui dat hulle glo met afgryse gevul is toe hulle die advertensie sien. Talle het egter op Facebook hul waardering vir Cheerios se besluit om dié advertensie uit te saai, uitgespreek.

Cheerios is egter nie deur die rassistiese kommentaar gepla nie. “Verbruikers het positief reageer op ons nuwe advertensie. By Cheerios weet ons dat daar allerhande tipe families is en ons vier hulle almal,” het Camille Gibson, adjunkpresident van bemarking by Cheerios, aan gawker.com gesê.
http://youtu.be/kYofm5d5Xdw

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.