Video: Veldtog kort duisende beertjies vir kinders met kanker

Ses jaar gelede het ʼn inspirerende 13-jarige leukemie-lyer, Hanco Viljoen, ʼn blywende nalatenskap agtergelaat. Hanco is in 2006 met leukemie gediagnoseer en het, toe hy in die hospitaal was vir chemoterapie, ʼn beertjie gekry wat vir hom vertroosting gebring het. Dit was ook vir hom iets knus waaraan hy kon vasklou as hy nie lekker gevoel het nie. Hy het dieselfde jaar besluit om ʼn beertjieprojek te begin en het meer as 110 000 beertjies vir kinders met kanker ingesamel. Hanco het soveel kankerpasiëntjies se harte bly gemaak. Vandag is hy ongelukkig nie meer hier nie, maar sy projek het herleef.

Crisis-on-Call, saam met die ambulansdienste Lifemed en Bestcare, poog om teen 1 Desember vanjaar minstens 10 000 teddies in te samel. Enigeen wat skenkings wil maak, kan Ruan Vermaak kontak by 082 57 006 34 of 012 335 3776.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.