Video: Veldtog teen plaasmoorde

Die burgerregte organisasie, AfriForum, het ʼn video getiteld Skep Moed bekendgestel om “moedelose Suid-Afrikaners te herinner aan die swaar tye wat generasies voor hulle deurgemaak het en hulle dan aan te moedig om moed te skep.”

Die video val saam met die bekendstelling van ʼn reuse veldtog teen plaasmoorde genaamd die Stop die Moorde-veldtog. Die veldtog is daarop gemik iom die publiek by die stryd teen plaasmoorde te betrek. Verskeie van die land se bekendste kunstenaars, waaronder Steve Hofmeyr, Chris Chameleon, Bobby van Jaarsveld, Karlien van Jaarsveld, Pieter Koen en Gerrie Pretorius het die bekendstelling bygewoon en ook hulle steun vir die veldtog verklaar. By dié geleentheid is een dosyn projekte, sowel as die webblad www.stopdiemoorde.co.za, aangekondig.

Ernst Roets, adjunk uitvoerende hoof van AfriForum, het verduidelik dat die veldtog breedweg op twee bene staan. “Aan die een kant vereis ons optrede van die regering. Ons sal aanhou met ons veldtog totdat plaasmoorde deur die regering geprioritiseer word en spesialiseenhede vir landelike veiligheid daargestel word. Aan die ander kant sê ons ook dat ons nie agteroor gaan sit totdat die regering optree nie, maar dat ons op ʼn opbouende manier beter na ons eie veiligheid sal kyk deur by gemeenskapsveiligheidsnetwerke in te skakel.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

3 Kommentare

jongste oudste gewildste
Chris

Die Engelse het vir Dingaan betaal om die Afrikaner uit te roei. God was daar om ons mense te help. Die Engelse het die helfte van ons volk in die tweede Boere oorlog uitgeroei, maar God was daar en het gehelp. Baie mense het vergeet dat ons God altyd vir ons die wa deur die drif sal trek as ons nie meer kan nie, maar ons volk het uitmekaar geval en begin uitbaster en wegdwaal van ons God af. Nou is `n goeie tyd om almal weer terug beweeg na God toe en hom te vra om ons te help… Lees meer »

Linda Holmes

Chris, ek moet vir jou se ons in die stad is ook maar versigtig/bang. Maar ek gaan sowaar nie toelaat dat ‘hulle’ my lewe dikteer en reguleer nie ek gaan my daaglikse gang maar hou net my oe en ore oop. Ons het ook al deurgeloop met inbraak en kar wat gesteel is ens maar dis my land ook. Glo my ek staan nie koud teenoor die moorde op boere nie inteendeel ek stem 100% saam dat daar dringend plan gemaak moet word. Het die boere in jou omgewing al daaraan gedink om self ‘n tipe van veiligheids netwerk in… Lees meer »