Video: Veldtog teen plaasmoorde

Die burgerregte organisasie, AfriForum, het ʼn video getiteld Skep Moed bekendgestel om “moedelose Suid-Afrikaners te herinner aan die swaar tye wat generasies voor hulle deurgemaak het en hulle dan aan te moedig om moed te skep.”

Die video val saam met die bekendstelling van ʼn reuse veldtog teen plaasmoorde genaamd die Stop die Moorde-veldtog. Die veldtog is daarop gemik iom die publiek by die stryd teen plaasmoorde te betrek. Verskeie van die land se bekendste kunstenaars, waaronder Steve Hofmeyr, Chris Chameleon, Bobby van Jaarsveld, Karlien van Jaarsveld, Pieter Koen en Gerrie Pretorius het die bekendstelling bygewoon en ook hulle steun vir die veldtog verklaar. By dié geleentheid is een dosyn projekte, sowel as die webblad www.stopdiemoorde.co.za, aangekondig.

Ernst Roets, adjunk uitvoerende hoof van AfriForum, het verduidelik dat die veldtog breedweg op twee bene staan. “Aan die een kant vereis ons optrede van die regering. Ons sal aanhou met ons veldtog totdat plaasmoorde deur die regering geprioritiseer word en spesialiseenhede vir landelike veiligheid daargestel word. Aan die ander kant sê ons ook dat ons nie agteroor gaan sit totdat die regering optree nie, maar dat ons op ʼn opbouende manier beter na ons eie veiligheid sal kyk deur by gemeenskapsveiligheidsnetwerke in te skakel.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Chris ·

Die Engelse het vir Dingaan betaal om die Afrikaner uit te roei. God was daar om ons mense te help. Die Engelse het die helfte van ons volk in die tweede Boere oorlog uitgeroei, maar God was daar en het gehelp. Baie mense het vergeet dat ons God altyd vir ons die wa deur die drif sal trek as ons nie meer kan nie, maar ons volk het uitmekaar geval en begin uitbaster en wegdwaal van ons God af. Nou is `n goeie tyd om almal weer terug beweeg na God toe en hom te vra om ons te help in hierdie tyd van nood. Ons op die plase lewe in vrees elke aand, as die honde blaf is jy te bang om uit te gaan om te gaan kyk wat by die skaapkraal aangaan. As die alarm in die stoor geaktiveer word sidder jy om te gaan uitvind hoekom het dit gebeur, kom die polisie die volgende oggend of miskien drie dae later da gee hulle jou net `n saak nommer. Hulle reken jy kan die eiendom wat gesteel is maar van die asuransie terugkry. Daar is geen belangstelling van die regering se kant af om ons as boere, die mense wat die vir die land kos te produseer, te help nie. Hulle het die komando`s weg gevat en die polisie is nutteloos. Jy kry hulle gewoonlik in die aande in die drinkplekke en die plolisie bakkies word gebruik vir taxi`s. Die verkeers polisie sit langs die paaie en tampteer die boere se trekkers en waens wat graan inry silos toe in oestyd en as jy jou trekkers en implemente skuif van een plaas na die ander is die spietkops weer daar om jou boetes te skryf terwyl daar hordes onpad vaardige en oorlaaide taxi`s by hom verby jaag.
Ons moet ons weer wend na God en die Gelofte eerbiedig.
Die mese in die stad verstaan nie en wil nie verstaan hoekom ons boere voel soos ons voel nie want hulle lewe nie in die vrees wat ons in leef van wanneer is daar `n plaas aanval en gaan hulle my grond onteien en al die derglike goed wat wat saam met boerdery gaan nie. Maar nogtans bly dit lekker om te boer want dit is in ons bloed.

Paul ·

Ietwat van die punt af, maar watter Engelse het vir Dingaan betaal? Ek is werklik geïnteresseerd.

Linda Holmes ·

Chris, ek moet vir jou se ons in die stad is ook maar versigtig/bang. Maar ek gaan sowaar nie toelaat dat ‘hulle’ my lewe dikteer en reguleer nie ek gaan my daaglikse gang maar hou net my oe en ore oop. Ons het ook al deurgeloop met inbraak en kar wat gesteel is ens maar dis my land ook. Glo my ek staan nie koud teenoor die moorde op boere nie inteendeel ek stem 100% saam dat daar dringend plan gemaak moet word. Het die boere in jou omgewing al daaraan gedink om self ‘n tipe van veiligheids netwerk in werking te stel? En soos jy se God is altyd daar.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.