Video: Vermiste “Doctor Who”-episodes opgespoor

dr who‘n Uittreksel van “The Enemy of the World“, getiteld “Dr Who goes for a swim”, volg onderaan die berig. Die BBC het aangedui dat hy nege episodes van die televisiereeks Doctor Who opgespoor het wat vroeër vermis was.

Die vermiste episodes van dié wetenskapfiksiereeks is glo in ‘n stoorkamer van ‘n aflosstasie in Nigerië opgespoor. Doctor Who is vir die eerste keer in 1963 uitgesaai en bly een van die BBC se gewildste programme.

Sommige van die eerste episodes het vermis geraak omdat die uitsaaier die bande skoongevee het om weer te gebruik. Die BBC sê die verlore episodes is opgespoor deur die rekords van oorsese verskeping van BBC-bande vir uitsending na te gaan.

Dié episodes is tussen 1967 en 1968 uitgesaai met Patrick Troughton in die rolverdeling. Troughton is die tweede van ‘n dosyn akteurs wat die program se tydreisiger-held vertolk het. Die episodes is hoofsaaklik twee ses-gedeelte stories: “The Web of Fear” en “The Enemy of the World”. Die episodes is reeds op iTunes beskikbaar, maar sal later ook op DVD beskikbaar wees.

Bykans 100 episodes van die reeks word steeds vermis.

‘n Uittreksel van “The Enemy of the World” volg, getiteld “Dr Who goes for a swim”.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.