Video: Vierjarige red haar pa se lewe

Chris en Cadence Lucas

Chris en Cadence Lucas

‘n Video volg onderaan die berig. ʼn Vierjarige dogtertjie van Michigan in Amerika het moontlik haar pa se lewe gered toe sy in die donker sowat 400m ver gehardloop het om hulp te ontbied.

Chris Lucas het op 15 Oktober skrootmetaal van sy bakkie afgelaai en ʼn hou op sy kop gekry. Hy het sy bewussyn verloor ná die hou, berig Daily News. Sy dogtertjie, Cadence, was saam met hom.

Cadence het aan TV6 gesê sy het geweet haar pa het hulp nodig toe sy hom op die grond sien lê het. Sy het toe in die donker gehardloop om by die bure om hulp te gaan aanklop. “Meeste kinders sou net daar bly sit het totdat hul ouer wakker word,” het Chris gesê. “Sy het besluit om te hardloop, selfs al was dit donker.”

Die bure het dadelik ʼn ambulans ontbied. “Dit sou dalk rampspoedige gevolge gehad het as Cadence nie opgetree het nie. Ek dink sy het my lewe gered. Sy is ongetwyfeld my heldin,” het Chris gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.