Video: Vlieg saam die ratse sperwer en vinnige swerfvalk

Die blitsige swerfvalk

Piepklein spioenasie-kameras laat jou toe om van die wêreld se merkwaardigste voëls in vlug te aanskou. Kyk na dié video om te leer hoe die vinnigste voël op aarde, die swerfvalk, teen verbysterende spoed steeds onder beheer bly. Vlieg ook saam die ratse sperwer waar hy deur ʼn digte woud vlieg.

Die video is deur BBC Wildleweprogram, Animal Camera, verfilm, met musiek deur Gregory Paul.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Sune van Heerden ·

Dagsê boerinballingskap,

Dankie vir jou kommentaar! Al wat ek kon opspoor is dat die wetenskaplike naam vir ‘n “sperwer” en ‘n “lammervanger” dieselfde is, naamlik “accipiter nisus”. Wonder of hulle nie deel vorm van dieselfde familie nie?

Groete

Paul ·

Word die naam “lammervanger” nie eerder gebruik as ‘n naam vir die baardaasvoël (Gypaetus barbatus) nie, of is dit slegs “lammergeier”?

Die naam “sperwer” is nie ‘n naam vir ‘n spesifieke spesie nie, maar beskryf talle verskillende kleinerige roofvoëls.

boerinballingskap ·

Sune, met my kommentaar het ek natuurlik Lammervanger verwar met Lammergeier. Lg. is natuurlik die Baardaasvoel. En jy is heeltemal reg: Die benaming Lammervanger word ook vir Sperwers gebruik. En natuurlik is Paul ook reg – Daar is inderdaad ‘n hele aantal Sperwerspesies.

Sune van Heerden ·

Om seker te maak, het ek die artikel nou aangepas.
Dankie!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.