Video: Vloede in Mauritius; Zuma stuur medelye

Mauritius-vloede, 30 Maart 2013

President Jacob Zuma het sy boodskap van medelye aan Mauritius gestuur ná 11 mense daar in ‘n vloed omgekom het.

“Dit is met groot medelye dat pres. Jacob Zuma en die mense van Suid-Afrika van die tragedie van 30 Maart te hore kom,” het Clayson Monyela, woordvoerder van die departement van internasionale betrekkinge, gesê. Die owerhede het bevestig dat minstens 11 mense dood is, maar dat talle nog vermis word. Volgens Monyela word Mauritius gereeld deur natuurrampe geteister wat dit moeilik maak om voorkomingsmaatreëls te tref.

http://youtu.be/m_ww0go825U

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.