Volkswagen in Amerika het Dinsdag aangekondig dat hy voortgaan met ʼn televisie-advertensie vir die Amerikaanse voetbal se Super Bowl ondanks die feit dat dit deur sommige mense as “rassisties” beskryf is.
Die advertensie getiteld “Get In, Get Happy” wys ʼn wit man wat in ʼn Jamaikaanse aksent praat. Die video is reeds meer as 1,5 miljoen keer gekyk sedert dit op Volkswagen se Youtube-kanaal gelaai is. “Ek was geskok…Dit is so rassisties,” het Barbara Lippert van Mediapost.com op NBC se Today-show gesê nadat sy die advertensie die eerste keer gesien het. Charles Blow, ʼn swart rubriekskrywer vir die New York Times sê die advertensie is “swartgesig met stemme.” Mark Gillies, ʼn woordvoerder van Volkswagen Amerika sê die advertensie sal Sondag tydens die Super Bowl uitgesaai word. “Die boodskap van die advertensie is dat indien jy iets soos ʼn VW Beetle ry, verhelder dit jou dag.”
http://youtu.be/9H0xPWAtaa8
Maroela, ek sou ook voortgegaan het. Dit het my laat lag. ‘Get in. Get happy”
Miskien is ek bietjie stupid, maar ek kan nie d rassisme vang nie?
Daar is aboluut niks rassisties omtrent hierdie advertensie nie. Meskien het julle die probleem?
Sjoe as hulle dit as rassisme sien, is ons ver agter lol. n ou in n aksent? rassisties? af nee man. Die advertensie is goed beplan en uitgewerk. well done sou ek se. en beste is, hulle bereik toe meer mense as wat hulle oorspronklik beplan het? toevallig?
Hahaha dis ‘n awesome advertensie.. ek dink Barbara Lippert kort ‘n ride in die VW Beetle :) Hulle weet duidelik nie wat rassisme is nie lol..
Aaah what ever!!! Gatvol vir die R woord…. Run faster please you might just wake up!! Ek lief die advertensie. Die man is positief en dit is aansteeklik!!! Very well done!!
Dieselfde issue wat hul gehad met FNB se advertensie – so vinnig om ons foute raak te sien ma ons mag niks doen as hulle die hase pad kies teenoor ons nie – niks fout nie – dis stunning advert!
Dis so min rassisties as wat ons regering eerlik is. He he. Ek hou nie eers van die nuwe Beetle nie en ek dink die advertensie is puik en slaag100% in sy doelwit. Sit met ‘n glimlag – “reespect Boss man…”