Video: Vrou beseer na kantoor se dak meegee

ʼn Vrou is beseer nadat die dak van ʼn gebou in Rosebank in Johannesburg Donderdagmiddag meegegee het.

ʼn Woordvoerder van die Johannesburg nooddienste, Synock Matobako, sê die gebou in Sturdee straat het omstreeks 14:00 meegegee. Die kantore van Penguin Books is in die gebou. ʼn Woordvoerder van ER24, Vanessa Jackson, sê daar was minstens 36 mense in die spesifieke deel van die gebou toe die dak meegegee het. Sy sê een vrou is beseer en was steeds in die gebou toe paramedici op die toneel gekom het. Die vrou is op die toneel behandel en na ʼn nabygeleë hospitaal geneem. Dit is in die stadium nie duidelik hoekom die dak meegegee het nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.