Video: Vrou buite nagklub doodgeslaan – organe geskenk

Die slagoffer, Kim Pham

Die slagoffer, Kim Pham

‘n Kaliforniese vrou wat kunsmatig aan die lewe gehou is nadat sy verlede Vrydag buite ‘n nagklub in Santa Ana aangerand is, is dood na haar organe op haar versoek geskenk is.

Die vrou, Kim Pham (23) is aangerand toe sy blykbaar per ongeluk voor ‘n kamera ingestap het toe iemand ‘n foto van ‘n groep geneem het. ‘n Rusie het uitgebreek.

‘n Jong vrou is aangekeer en van aanranding met ‘n gevaarlike wapen aangekla. Nog twee mans en ‘n vrou word in verband met die voorval gesoek.

‘n Video, wat van die voorval gemaak is, het die polisie gehelp om verdagtes te identifiseer. Op die video kan ook gesien word hoe ‘n groep mense saamgedrom het terwyl Kim wreed op die grond geskop en geslaan is.


ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.