Video: Vrou dood na sy uit tuimeltrein val

Texas Giant-tuimeltrein

Twee video’s volg onderaan die berig. Rosy Esparza (52) van Dallas, Texas, is dood nadat sy Vrydag uit ʼn tuimeltrein by Six Flags Over Texas geval het.

Volgens ooggetuies het Esparza oor haar sitplekgordel gekla net voordat die rit op die Texas Giant-tuimeltrein begin het, berig wfaa.com. ʼn Assistent by die tuimeltrein het haar glo egter verseker dat een “klik” op die sitplekgordel voldoende is.

Die tuimeltrein is tydelik gesluit vir verdere ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

2 Kommentare

amy ·

Die is BAIE agterlosig. Die pretpark moet die blaam kry. Dié was GEEn ongeluk gewees nie. Eerder ‘n assistent wat te lui was om die gordel oredentelik was te maak.

Flash ·

Nou besef mens die gilkarretjies of tuimeltreine kan gevaarlik wees! Twee voorvalle binne een week?
Terloops, ek stel voor persone wat so avontuurlus / sterwenswens het, kan vir heelwat goedkoper en in korter rye staan vir ‘n rit in een van SA se minibus taxis…

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.