Video: Vrou se vreemde versoek ná semi-koma

Evie Branan

Evie Branan, ‘n 79-jarige van Michigan in Amerika, se eerste woorde nadat sy uit ‘n vyf jaarlange semi-koma wakker geword het, was dat sy ‘n konsert van die sanger Bob Seger wil bywoon. Sy het ook ‘n brief geskryf dat sy op soek is na ‘n liefdesmaat.

Branan het nou, twee jaar nadat sy uit die semi-koma ontwaak het, en uiteindelik sterk genoeg was, Donderdagaand ‘n Bob Seger-konsert by die Palace of Auburn Hills bygewoon. Sy het glo tydens die konsert met haar hande in die lug saamgewaai en saamgedans. Sy het die sanger en sy gesin ook ontmoet, met sy groepslede gesels en BBP-behandeling ontvang. “Dit is die gelukkigste wat ek nog ooit was,” het sy gesê.

Branan het vroeër ‘n beroerte gehad en kon nie praat, beweeg of op haar eie eet nie, en het in die Willowbrook Manor se langtermynversorgingseenheid beland. Sy het op 7 Mei 2011 uit dié semi-koma ontwaak.

Dit is nie heeltemal buitengewoon vir beroerte-slagoffers om sodra hulle wakker word, met interessante versoeke vorendag te kom nie. Sam Boughen (26), ‘n pa van Engeland, het in Junie 2012 ná ‘n koma ontwaak en Kentucky Fried Chicken versoek. Die dokter het nie dié versoek toegestaan nie. ‘n Tiener van Kroasië het in 2010 ontwaak en vlot Duits gepraat. Sy het glo gesukkel om voor haar siekte dié taal aan te leer.

In die volgende video gesels Evie oor haar versoek, lees sy die liefdesbriefie voor en sing ‘n gedeelte van Bob Seger se liedjie, Against the Wind. ‘n Klankgreep van dié lied soos gesing deur Bob Seger volg in die video heel onderaan.

http://youtu.be/RcDCvQbOdig

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.