Video: Vrou steel trein, bots teen gebou

Foto: Youtube

ʼn Sweedse skoonmaker is beseer nadat sy ʼn leë passasierstrein gesteel en dit teen ʼn woonstelgebou gebots het.

Lars Bystroem, ʼn woordvoerder van die Stockholm-polisie, sê die 23-jarige vrou is in ʼn “ernstige maar stabiele” toestand in die hospitaal opgeneem. Die vrou word aangekla van beskadiging van eiendom en kan tot agt jaar tronkstraf opgelê word. Dit is nog nie duidelik hoekom die vrou die trein gesteel het nie. Die trein het teen sowat 80km/h gery toe dit die einde van die spoor bereik het, ontspoor het en in ʼn drieverdieping woonstelgebou in Saltsjoebaden ingeploeg het. Niemand in die woonstelgebou is beseer nie. Die vrou het vir ʼn skoonmaak maatskappy gewerk wat uitgekontrakteer is om die treine skoon te maak.

http://youtu.be/QUrufT7DXDI

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Abotha ·

ha ha ha ha ha wil jy nou meer wat nog n trein steel wou sy gaan shopping doen ha ha ha ha ha ha !!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.