Video: Vrou vas ná rassistiese uitlatings op trem

ʼn Vrou is in Londen in hegtenis geneem nadat sy glo rassistiese aanmerking gemaak het teenoor medepassasiers op ʼn trem.

ʼn Video is van die voorval gemaak en op die sosiale netwerk Youtube geplaas en is reeds meer as 2 miljoen keer gekyk. Dit wys ʼn vrou met ʼn seuntjie op haar skoot wat vir passasiers skree en rassistiese aanmerkings maak. Die 34-jarige vrou kla oor etniese minderheidsgroepe wat in Brittanje woon. Die voorval het glo op ‘n trem tussen Croydon en Wimbledon plaasgevind. Die polisie het die saak begin ondersoek nadat hulle die video op Youtube gesien het. Die voorval het ook opslae gemaak op Twitter.

WAARSKUWING: Die video bevat krutaal

http://youtu.be/i47HoiM0Au8

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.