Video: Vrou vasgekeer in muur; inwoners misgis haar vir ‘n spook

ʼn Vrou in die ooste van China het ʼn kortpad huis toe gekies, maar is vir sewe ure lank vasgekeer in ʼn muur omdat inwoners gedink het sy is ʼn spook.

Die vrou het ʼn nou gangetjie tussen twee mure gevolg, oortuig dat dit ʼn kortpad huis toe sou wees. Die gangetjie het egter al hoe nouer geword totdat sy uiteindelik vasgekeer is tussen twee mure.

Haar gille het ook nie gehelp nie, omdat inwoners gedink het dit is ʼn spook wat agter die muur ‘wegkruip’. ʼn Verbyganger het uiteindelik besef dit is nie ʼn spook nie, en het hulp ontbied.

Dit het brandbestryders langer as 20 minute geneem om haar te bevry.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.