Video: Vroue betoog deur Shard-gebou uit te klim

Foto: Miranda Bryant, London Evening Standard

Ses aktiviste van Greenpeace het Donderdag begin om Engeland se hoogste gebou, die Shard, uit te klim.

Die aktiviste betoog teen beoogde boorwerk deur die oliemaatskappy Shell in die Noordpool. “Indien die ses vroue tot bo kan klim, sal hulle poog om ʼn groot kunswerk, wat die natuurskoon van die Noordpool uitbeeld, aan die gebou op te hang,” het Greenpeace gesê. “Hulle het besluit om die Shard te klim, aangesien dit bo Shell se drie kantore in Londen uittroon, insluitend die maatskappy se wêreldhoofkantoor aan die suidbank van die Thames.”

Die vroue het in die vroeë oggendure verby die sekuriteitswagte in die gebou geglip en klim nou die gebou uit. Op foto’s kan mens sien die vroue maak gebruik van veiligheidstoue en hulle klim ʼn gedeelte van die gebou waar daar ʼn tipe leer-struktuur is.

Shell sê hy is al sedert die begin van die 20ste eeu bedrywig in die Noordpool. “Ons respekteer die reg van individue en organisasies om aan ʼn vry en deursigtige gesprek van sienings oor ons bedrywighede deel te neem,” het ʼn woordvoerder van die maatskappy gesê. “Ons versoek net dat hulle hul eie veiligheid en ander se veiligheid, insluitend Shell-personeel en –klante, in gedagte sal hou.”

Klik hier om ‘n regstreekse uitsending van die poging te sien.
Klik hier om nog foto’s te sien.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.