Video: Vroue swaai appels in kitskosrestaurant

ʼn Paar vroue het Saterdag by ʼn kitskosrestaurant in Long Island, New York, mekaar gepak.

Een van die moeilikheidmakers by die Chuck E. Cheese het nog haar baba in haar een arm gehou.

Personeellede by die kitskosrestaurant wou die bakleiery keer, maar verskeie vroue het aanhou baklei.

Een vrou se handsak is glo tydens die onderonsie gesteel, berig News12.

Die polisie het bevestig dat hulle sekuriteitbeeldmateriaal van die voorval ondersoek en sal besluit of klagtes gelê gaan word. Een van die bestuurders van die restaurant het gesê hy mag nie kommentaar lewer nie.

Dit is nog nie duidelik waaroor die onderonsie gehandel het nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Kaspaas ·

Van die tannies in die video clip lyk na “Jerry Springer” materiaal.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.