Video: Vyfde vervoermetode bekend gestel

Die “Hyperloop”

‘n Video volg onderaan die berig. Die tegnologie-entrepreneur, Elon Musk, het Dinsdag ‘n “vyfde vervoermetode” onthul wat as die Hyperloop bekend sal staan en reisigers binne 35 minute tussen Los Angeles en San Francisco kan vervoer.

Musk, oorspronklik van Pretoria en die hoof van SpaceX, het gesê sy teleurstelling in Kalifornië se hoëspoedtrein het hom inspireer om aan die planne vir die Hyperloop te werk. Musk het ook die Tesla-motor ontwerp.

Musk het Maandag op Twitter gesê hy het “regdeur die nag” gewerk om dié vyfde tipe vervoermiddel te ontwerp. Die Hyperloop-vervoerstelsel bestaan uit ‘n kapsule wat 28 passasiers in staalbuise kan vervoer. Die kapsule sal met ‘n aandryfstelsel werk en 840 passasiers teen sowat 760 mph (ongeveer 1 200km/h) kan vervoer.

Die ontwerp sal ‘n laedrukstelsel binne die buise veroorsaak om ‘n atmosfeer met lug, met ‘n ligter digtheid, te skep. Die lugdruk sal sowat een sesde van die atmosfeer van Mars wees. Die Hyperloop se kapsules sal ondersteun word deur van lug in ‘n saamgeperste opgaardam en aërodinamiese hyser gebruik te maak. ‘n Elektriese lugdrukwaaier wat vooraan die passasierskapsule vasgemaak word sal hoë lugdruk van die voorkant na die agterkant van die voertuig oordra om die lugdruk te verlig en ‘n laewrywing-veringstelsel te skep.

Musk sê van die navorsing is gebaseer op navorsing van Robert Goddard, baanbreker in Amerikaanse vuurpylnavorsing, Rand Corporation en ET3. SpaceX het nie tans planne om die Hyperloop te ontwikkel nie, maar Musk sê hy sal die ontwerpe beskikbaar stel as ‘n opebron-projek sodat enigiemand aan die ontwerp kan deelneem om die koste so laag as moontlik te hou.
Klik hier vir meer inligting.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Willi Pretorius ·

Nog ‘n mooi “Suid Afrikaanse” idee. Die tyd sal leer of dit prakties implementeerbaar is. Maar soos ons Elon Musk ken, iemand wat sy ideë suksesvol uitvoer; kyk maar na PayPal, SpaceX en Tesla

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.