Meer as sewe miljoen mense het op Youtube gekyk toe Baumgartner die eerste persoon geword het om 1 110km/h, die spoed van klank, te oortref. Dit het ʼn helium-lugballon sowat twee ure geneem om Baumgartner se ruimtekapsule na sowat 39km bo die aarde te vervoer voor hy die vryvalsprong na die aarde gemaak het. Baumgartner het minstens drie rekords in die slag laat bly met sy vryvalsprong: die hoogste vryvalsprong, die vinnigste spoed ooit deur ʼn mens en die eerste persoon om die klankgrens te oortref. Baumgartner het ʼn topspoed van sowat 1 342km/h bereik tydens sy vryvalsprong.
Video: Waaghals laat rekords spat met ruimte-vryval
ondersteun maroela media só
Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.
Het jy gehoor?
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.