Video: Warmlugballon tref kragdrade

Maroela Media het pas verneem dat die owerhede die gebruiker gevra het om die video van Youtube te verwyder.

Jammer

Redaksie

Foto: Youtube

Vier mense is Saterdagoggend beseer, waaronder twee kritiek, toe ʼn warmlugballon kragdrade getref en neergestort het by Nooitgedacht buite Stellenbosch.

ʼn Woordvoerder van Netcare911, Jeffrey Wicks, het vroeër gesê die warmlugballon het glo by Joostenbergvlakte opgestyg. Daar het glo ʼn sterk wind opgekom en die ballon teen kragdrade vasgedruk terwyl dit oor Nooitgedacht wynplaas gevaar het. Die vier insittendes is beseer Rapport het Sondag berig dat Louise Vorster (57), Sanet Koster (50) en Marié Jacobs (50) almal in die Stellenbosch Mediclinic opgeneem is. Dit is onbekend of die vlieënier, Justin Fowler, beseer is.

ʼn Werknemer van Kanu Wyne, Monique Burn, het Maandagoggend ʼn video op Youtube gelaai van die voorval. Burn sê sy was besig om die video te maak van die lugballon se vaart toe dit baie laag afgesak en die kragdrade getref het. Burn sê sy het onmiddellik na haar huis gehardloop om hulp te ontbied.

Die video is deur MoniqueBurn op Youtube gelaai.

http://youtu.be/r2HROefBjzA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.