Video: Wat tydens Oscar se hofverskyning gebeur het

‘n Emosionele Oscar Pistorius Maandag in die hof. Die video volg onderaan die berig. Foto: Werner Beukes/SAPA

Die staat het Maandag sy saak in die Pretoriase landdroshof teen die wêreldberoemde lemnaeler Oscar Pistorius uiteengesit.

Antwoorde sal egter eers volgende jaar in Maart, wanneer die verhoor in die Pretoriase hooggeregshof ʼn aanvangs neem, verskaf word oor wat presies op Valentynsdag vanjaar agter geslote deure in sy huis in Pretoria gebeur het.

Pistorius word daarvan beskuldig dat hy sy vriendin Reeva Steenkamp op dié dag doodgeskiet het. Lees meer hier.

Die insetsel is deur eNuus vervaardig. Kyk eNuus elke aand om 19:00 op kanaal 144 en 145 op DStv.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.