Video: Wenkaartjie van R4.6 miljard nog nie geëis nie

Skermskoot uit die video

Skermskoot uit die video

Die video volg onderaan die berig. Die enkele wenner van ʼn $425 miljoen (R4.6 miljard)-loterykaartjie het nog nie sy prysgeld geëis nie.

Die kaartjie is by ʼn Dixon Landing Chevron-vulstasie in San Jose, Kalifornië in Amerika, verkoop. Dit is die tweede groot loterykaartjie binne twee maande wat in die San Jose-gebied verkoop is.

Die wenner van die Powerball het ʼn jaar om sy prysgeld te eis ná Woensdagaand se trekking. Hy kan ook ʼn eenmalige lompsomuitbetaling van $242.2 miljoen (R2.6 miljard) eis.

Dit het meer as twee weke geduur voordat die vorige wenner, Steve Tran, besef hy besit die wenkaartjie. Hy het op 17 Desember 2013 $324 miljoen gewen uit ʼn totale uitbetaling van $636 miljoen.

Loterybeamptes het die persoon, wat die wenkaartjie besit, aangemoedig om die kaartjie dadelik te onderteken en met ʼn prokureur, beleggingsbeplanner of rekenmeester in verbinding te tree.

Parmeet Singh, wie se familie die vulstasie besit, het $1 miljoen (R10 miljoen) ontvang, aangesien die stelsel die wengeld met handelaars deel wat die wenkaartjie verkoop. Die familie beplan glo om die geld te belê in hul bestaande agt vulstasies.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.