Video: Werk kwyt ná hy olifant bestorm

Brian Thomas Masters Foto: Facebook

Die video volg onderaan die berig. ‘n Veldgids is sy werk kwyt nadat ‘n video op YouTube publiseer is van die man wat ‘n olifant te voet by die Kruger-wildtuin bestorm.

In die video staan die olifant aanvanklik en flap sy ore terwyl die gids, onder aanhitsing van sy vriende, op hom afstorm. Die gids val in ‘n stadium, meters ver van die dier af, in hoë gras. Die olifant tree uiteindelik terug en die gids stap terug voertuig toe.

Singita, ‘n safari-maatskappy in Suid-Afrika, het Maandag gesê hy het die “ontstellende” beeldmateriaal ondersoek. “Ons kan dit nie genoeg benadruk nie dat die gedrag, wat in die video vertoon word, geheel en al teenstrydig is met Singita se waardes jeens bewaring,” het die maatskappy, wat luukse gastehuise en -kampe in Suid-Afrika, Zimbabwe en Tanzanië bestuur, gesê. “Die betrokke veldgids is nie meer in diens van Singita nie, en verdere tugprosedures sal gevolg word teenoor ander betrokke partye.”

Brian Thomas Masters, het Sondag in ‘n verklaring op Facebook erken hy was die gids wat in die konfrontasie afgeneem is en het sy spyt oor die voorval uitgespreek. “Dit is skadelike en gevaarlike gedrag,” het hy gesê. “Dit het my reeds my werk en reputasie gekos en al die werk, wat ek oor die afgelope 13 jaar in bromvoël- en olifantnavorsing gedoen het, ongedaan gemaak.”

Masters versoek lesers om hul misnoë teenoor hom uit te spreek, en nie die maatskappy waarvoor hy gewerk het nie. Hy het ook om verskoning gevra. “Ondersoek jouself en dink of daar miskien enigiets is wat jy al in die verlede gedoen het wat, indien dit op film vasgelê sou wees, negatiewe gevolge sou hê.”

-SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Marius ·

Mmm… Hy’t goeie vriende. Moedig hom aan om dit te doen en dan lek hulle die video uit. Lekker dof!

Gawie Botha ·

Goeie komedie,baie braaf,baie dom en olifant baie geskrik,,,,,,,,,,,Olifant het niks oorgekom,niemand is beseer,olifant is nie sielkundig geknak nie!!!.Ek hou hiervan!

Nadia ·

Gawie dit gaan nie oor of die Olifant seergekry het of nie, mens doen dit nie….punt. Dinge kom baie erger uitgedraai het, die Olifant kon hulle aangeval het en iemand ernstig beseer of selfs dood gemaak het. As ‘n Veldgids moes die man van beter af geweet het.

Carin ·

Baie onverantwoordelik. Dis duidelik drank wat praat. As hy beseer of gedood is deur die olifant sou die olifant tien teen een vakant gemaak moes word. Ek is bly om te sien hy erken en aanvaar volle verantwoordelikheid vir sy stupid optrede.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.