Video: Whitney Houston sterf in Kalifornië

Whitney Houston Foto: Youtube

Die musiekindustrie het sy skok uitgespreek na die dood van die legendariese popsangeres Whitney Houston in die ouderdom van 48.

Houston is Saterdag dood aangetref in ʼn hotel in Beverley Hills, Kalifornië. Houston se lyfwag het go op haar liggaam afgekom. Volgens die polisie is daar geen tekens van kriminele opset nie en sal die oorsaak van haar dood ondersoek word. Houston het meer as 170 miljoen albums wêreldwyd verkoop. Sy het ʼn paar jaar gelede erken dat sy aan dwelms verslaaf was. Talle bekendes het op Twitter hulde gebring aan Houston. Mariah Carey het geskryf: “Sy sal nooit vergeet word as een van die grootste stemme nog op aarde.” Christin Aguilera het bygevoeg: “Ons het nog ʼn legende verloor. Liefde en gebede vir die Whitney familie. Ons sal haar mis.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.