Video: Wimpy-burgers nou “in Braille” beskikbaar…

Wimpy het onlangs in al hul kitskosrestaurante spyskaarte in Braille aan blinde klante beskikbaar gestel.

Om die inisiatief bekend te stel het Wimpy op 15 burgers “100% pure biefburger vir jou gemaak” met sesamsade in Braille geskryf en dit by die drie grootste verenigings vir blindes, Braille Services, Louis Braille House en Blind SA se hoofkantoor gaan aflaai. “Vir mense wat hul hande as oë gebruik kon hulle vir die eerste keer hul burgers nie net proe nie, maar kon hulle dit sien!” het Wimpy gesê.

Mens sou kon bespiegel of dit Wimpy se poging is om aan te dui dat hulle blinde persone in hul restaurante verwelkom, na onlangse nuusberigte oor ‘n blinde vrou glo op Kersdag versoek is om die Mayville-tak van McDonalds te verlaat omdat haar gidshond nie welkom was nie. Lees gerus die oorspronklike berig op Maroela Media hier en die verskoning wat McDonalds se bestuur aangebied het hier.

Kyk hier na die video:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.