Die video volg onderaan die berig. Op die vooraand van die eerste wiskunde-vraestel in die matriekeksamen het ‘n groot groep Afrikaanse wiskunde-leerkragte pas in Pretoria saamgetrek.
Die Vereniging vir Afrikaanse Wiskunde-onderwysers, of VAW, het ‘n gesprek aangebied oor die gehalte van wiskunde-onderrig. Verskeie onderwyskenners was onder die gassprekers. Hulle sê hoewel Afrikaanse skole oor die algemeen goed vaar met algebra en meetkunde, is daar steeds uitdagings.
Die insetsel is deur eNuus vervaardig. Kyk eNuus elke aand om 19:00 op kanaal 144 en 145 op DStv.