Video: WWE-superster deur aanhanger in Kaapstad aangeval

Randy Orton

‘n Video van die voorval volg onderaan die berig. ‘n Aanhanger het Randy Orton, een van WWE se supersterre, Dinsdagaand in die bokskryt aangeval.

Die voorval het by WWE se byeenkoms by Grand West Casino in Kaapstad plaasgevind. Orton (33) het die gehoor vermaak toe ‘n oproerige aanhanger die bokskryt bestorm en Orton in sy lies geslaan het. Een van die toeskouers het die voorval op film vasgelê.

Sekuriteit het die man vinnig onder beheer gebring en hom uit die bokskryt verwyder. Orton het egter die man gepoog om die man teen sy kop te skop.

‘n Beampte van WWE het bevestig dat die voorval nie deel was van die vertoning nie. “Die saak word tans deur plaaslike owerhede ondersoek,” het WWE op hul webwerf bevestig. “Die man word aangehou en sal moontlik krimineel vervolg word. Die omvang van Orton se beserings is nie bekend nie.”
http://youtu.be/Jt_BNmsUvUU

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

MATILDA ·

EK HOOP DIE WWE DAGVAAR DIE K@K UIT DIE OU. WYS JOU NET HOE BARBAARS DIE SUID AFRIKANERS IS. EK HOOP DAARDIE OU WORD LEWENS LANK VERBAN DINK NET WATSE SLEGTE NAAM ONS NOU WEER OORSEE GAAN HE. DIT IS ‘N SKANDE ! ! SUID-AFRIKANERS SE WAARDES HET SO GESAK DIE LAND IS ERGER AS ENIGE AFRIKA LAND. ‘N MENS IS NIE MEER TROTS OM SUID-AFRIKANER TE WEES NIE ! ! ! !

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.